
Privaat Etes
Met ons privaat etes offer ons verskillende spyskaart opsies. Die opsies kan aangepas word volgens elke persoon se smaak. Jy het ook n keuse tussen n spyskaart met wyn proe of sonder. Die wyn wat ons gebruik is alles weskus of Swartland wyne.
Ons minimum hoeveel mense per groep is 10 en maximum 20.
Kontak my indien die groep meer as 20 is dan werk ons n groot groep prys uit.
LET WEL: Spyskaart opsies kan verskil indien sekere disse buite seisoen is of nie tans in die area beskikbaar nie bv. Tuna, Geelstert, Kreef env.
Indien jy jou eie spyskaart wil skep met verskillende vis opsies soos Kabeljou, Geelstert of bv Tuna is dit ook moontlik. Dan werk ons vir julle n prys uit om die spyskaart wat julle graag wil sien.
Ons doen ongelukkig nie extra disse vir kinders nie.
Om die datum te bevestig benodig ons n 50% deposito.
LET WEL: Ons het nie n restaurant of spasie nie. Ons kom na jou toe. Ons voorsien ook nie messe, vurke or borde nie. Maak asb seker dat daar genoeg wynglase en eetgery is vir al die gaste.
Opsie 1: (R950 per persoon)
Oysters met Mignonette
Gebraaide Velddrif Harders
Rosé Mosselpot met Roosterkoek
Appelkoos Snoek Braai met Soetpatat Tert
Tuisgemaakte Roomys
Opsie 3: (R2000 per persoon)
Elke dis word bedien met n weskus/swartland wyn (Wine pairing) Prys sluit alle wyn in.
Brood bord met Rollmops, Bokkom botter en gerookte snoek paté
Oysters met Mignonette
Gerookte Engelvis Sop met Focaccia
Gebraaide Velddrif Harders
Rosé Mosselpot met Roosterkoek
Kreef braai (2 kreef pp)
Appelkoos Snoek Braai met Soetpatat Tert
Tuisgemaakte Roomys
Opsie 2: (R1300 per persoon)
Oysters met Mignonette
Gerookte Engelvis Sop met Focaccia
Gebraaide Velddrif Harders
Rosé Mosselpot met Roosterkoek
Kreef braai (1 kreef pp)
Appelkoos Snoek Braai met Soetpatat Tert
Tuisgemaakte Roomys











