A white cottage with a thatched roof, surrounded by greenery and plants, with a small round table and chairs nearby, and a round water feature in the foreground, set against a backdrop of hills.

Die top 10 weskus lys.

MY TOP 10

Logo for Top 10 featuring a grill with cooking tools and flames, text in Dutch and English
The words 'Eet,' 'Slaap,' and 'Kuis' separated by blue dots.

Wanneer dit kom by akkommodasie-besprekings, is dit soms moeilik om te weet watter plekke regtig die geld werd is. Dit het al menige keer met my gebeur: pragtige foto’s, goeie “reviews” … en dan kom jy daar aan, en dis GLAD nie wat jy verwag het nie. Vuil, klein, in ’n swak area, of die foto’s is duidelik jare gelede geneem.

So, op hierdie blad lys ek my Top 10 akkommodasies op die Weskus. (Sover net 9!) Dis plekke waar ek self al gebly het, en wat ek werklik geniet het. Geen van hierdie plekke het betaal om op die lys te wees nie — hierdie is my persoonlike, eerlike aanbevelings.

Let Wel: Ek is nie ’n professionele skrywer nie. Hier en daar gebruik ek ’n Engelse woord, jy mag dalk ’n spelfout kry, en my leestekens is waarskynlik nie altyd perfek nie. Maar vergewe my maar — dis die boodskap wat tel.