Yskas Brandewyn Melktert
Yskas Brandewyn Melktert
Ons almal ken die goeie ou melktert, maar het jy al ooit gehoor van ‘n Brandewyn melktert?
Jy kan ook Amarula gebruik vir n meer romerige tert, maar brandewyn se natuurlike geure is juis kaneel en vanilje, so dit werk perfek vir hierdie resep.
Vol Kersfees-gees.
BASIS
• 200 g Karamel Tennis-beskuitjies, fyn verkrummel
• 90 g gesmelte botter
Druk ferm in ’n tertpan. Sit 30–40 min in die yskas.
VULSEL
• 900 ml volroommelk
• 100 ml vars room
• 1 kaneelstokkie
• 30 g botter
• 3 groot eiers
• 170 g strooisuiker
• 25 g koekmeel
• 35 g mielieblom
• 10 ml vanielje-ekstrak
• 50 ml Wildebeest brandewyn
Verhit melk, room, kaneel en botter in ‘n pot tot warm, nie totdat dit borrel nie, net warm.
In ‘n aparte bak, klits eiers, suiker, meel en mielieblom tot glad.
Gooi warm melk mengsel stadig by die eier mengsel en klits tot goed gemeng. Gooi die mengsel terug in die pot en kook tot dik en blink.
Haal van die hitte af, roer vanielje in en voeg brandewyn laaste by.
Gooi warm vulsel in die koue basis, strooi kaneel bo-oor en verkoel 6–12 uur.







