Winterfees van Wild en Wyn by La Motte
Ervaar La Motte in Franschhoek van ’n warm winteraand by L’Ami Family Brasserie met ’n vyfgang wild-en-wyn spyskaart, tot ’n Franse-geïnspireerde ontbyt by die plaas se bakkery. Geniet kulinêre meesterskap, ikoniese La Motte-wyne, en die rustige atmosfeer van hierdie historiese wynlandgoed.
VUUR Restaurant
Vergeet wat jy dink jy weet van restaurante . VUUR is ’n avontuur met kole, wyn en wild op ’n eiland in die middel van ’n dam. Sjef Shaun Scrooby braai soos ’n gladiator en bedien ’n sewe-gang fees sonder spyskaart: van wagyu-steak met beenmurg-eiergeel tot gemsbok-tartar op preibrood en hooi-roomys (ja, hooi!). Dis rokerig, morsig, elegant en wild. Dis ’n braai soos jy dit nog nooit beleef het nie ,en glo my, jy gaan wens jy kon dit elke naweek doen.