2. Casa Blu
Casa Blu was die heel eerste weskus huis waar ek gebly het in 2019, en sedert dan het ons al omtrent 5 keer hier gebly. Hierdie huis is ware weskus luuks. Die 3 slaapkamer huis in Dwarskersbos offer n “infinity” swembad, groot buite area, buite braai en is basies op die strand.
Die huis is aan die duurder kant van vakansie huise, maar is wel die prys werd. Weereens n huis waar ons meer buite tyd spandeer het as binne.
Ongelooflike uitsig oor die see, waar jy middae sit en kyk hoe die vissermanne net gooi vir harders in die vlak water. Waarvan ek baie gehou het is die groot oop plan uitleg wat beteken maak nie saak waar in die huis jy is nie, is jy nogsteeds deel van die geselskap. In die warm somer dae kan jy al die deure wegskuif en bring jy amper die see in die huis in.
Vir die wat baie lief is vir kosmaak is die kombuis n bietjie klein, maar is gestock met alles wat jy kan benodig vanaf SMEG produkte tot Wonki wear eetgery. Elke meubel en kunswerk is op aandag gegee en vloei deur die huis.
Die hoof slaapkamer se badkamer is tot vandag nog seker een van my gunstelling. n Groot stort met 2 stort koppe beteken dat jy en jou geliefde saam kan stort. Ek weet nie van jou nie, maar as ek op vakansie is, is dit tog te lekker as iemand my rug kom was.
Die 2 ander kamers is op die boonste vloer en deel n badkamer wat bestaan uit n toilet en stort. Die een kamer het n queen bed en die ander 2 enkel beddens.
Wat die huis vir ons so spesiaal gemaak het is dat dit op die strand is, wat beteken het dat ons elke dag n strand stappie gevat het. Die Dwarskersbos strand is ongelooflik en daagliks sien jy dolfyne, robbe en in die lente maande is die walvisse vollop. Die strand is nie baie besig nie en daar is dae wat jy die hele strand vir jouself het. Een klein nadeel is dat die huis baie naby aan die publieke parkeer area is, so dit kan soms nie so privaat voel as jy op die stoep is nie want mense in die parkeer area kan jou sien. So skinny dip is uit.
Daar is ook min dinge so mooi soos die son wat sak oor die see vanaf Dwarskersbos.
Ek het seker maar n sagte plekkie vir Casa Blu omdat dit hier is waar ek die weskus vir die eerste keer leer ken het. Daarom is hy tans nr. 2 op my lys.
Website: https://casablu.co.za/