9. Abalone Hotel

Paternoster

Die Abalole Hotel in Paternoster is n redelike nuwe hotel wat onlangs oorgedoen is en ons was gelukkig genoeg om vir 3 aande daar te gaan bly en te sien wat dié nuwe hotel te offer het.

Ons het in een van hulle luukse villas gebly. Die villas is nie by die hotel self nie en meer sentraal in die drop gelee. Die 2 slaap kamer villa het n swembad, warm bad, groot sitkamer en kombuis. Die villa het ook sy eie buite braai wat ons elke aand gebruik het om n vleisie te braai terwyl ons wag vir die warm bad om op te warm. Die villa is ook stap afstand van restaurante en daar is n voet paadjie af strand toe. Die hoof slaapkamer het n king size bed en vol badkamer met bad en stort. Let wel dat die hoof slaapkamer is buite die huis en kan net gebruik word as jy swembad langs om loop.

Wanneer ons op n plek gaan bly maak ons soms die fout om meer tyd weg van die akkommodasie af te wees en nie eintlik die plek te geniet nie. By Abalone Hotel het ons besluit om soveel tyd as moontlik by die villa en hotel te spandeer om die volle ondervinding te kry. Ons het op dag 2 gegaan vir hul 45min “Couples Massage” Georgia moes my oortuig om te gaan aangesien ek gewoontlik nie mal is ook massages nie. Ek is toe baie bly sy het my arm gedraai, die massage was amazing en die laaste paar minute van die sessie sit hulle vir jou groot oorfone aan en die bed begin vibreer in verskillende ritmes. Amper soos golf vibrasies wat deur jou hele lyf vloei. Dit was vir my die beste deel van die “spa” sessie.

Met sonsondergaan het ons na die hotel se Oyster Lounge to gegaan vir hulle Oyster en Sushi experience.

Met aankoms by die Oyster Lounge kry jy n glasie MCC en jy kan dan kies tussen n Oyster Experience of die Sushi Experience. Georgia kan nie oesters eet nie so sy het die sushi gekry en ek het die Oesters gekry.

Die Oyster Lounge het n prag uitsig oor die see ek en stel voor jy beplan jou besoek met sonsondergaan want die son sak die tyd van die jaar presies voor die gebou en jy kry n ongelooflike mooi uitsig oor die see.

Ek is oor die algemeen nie n groot oester eter nie, maar hulle oesters het moontlik my gedraai. Met toppings soos duin spinasie, grana padano en Modena Balsamic Pearls het ek een vir een laat verdwyn.

Die nuwe hotel is luuks, met baie vriendelike en goeie diens. Ek sou graag die swembad by die villas wou gebruik en sal beslis weer terug gaan in die warmer somer maande.

Die kos was uitstekend vir ontbyt, middag ete en natuurlik die Oyster Lounge ondervinding was n hoogtepunt.

Met n uitsig oor die see uit elke venster, selfs die stort, die weskus gevoel om elke draai en die mooi wat Paternoster is, is n besoek aan die Abalone Hotel beslis n hoogtepunt en daarom op my Top 10 lys van akkommodasies in die weskus.

Website: https://www.abalonehotel.co.za/

Previous
Previous

8. Kleintafelberg