Black Forest Trifle

BLACK FOREST TRIFLE

Voorbereiding: 45 min
Verkoeling: 2–4 uur

📝 Bestanddele

3 koppies vars kersies, ontpit
½ koppie suiker
3 eetlepels suurlemoensap
1 eetlepel mielieblom (Maizena)
3 eetlepels water
Opsioneel: 2–3 eetlepels Kirsch, kersielikeur of selfs Amarula

3 koppies dik sjokoladevla (Woolies of tuisgemaak)
sjokolademousse
1 red velvet Swiss roll.
2 koppies vars room
2 eetlepels versiersuiker
Vars hele kersies
Kakaopoeier (opsioneel)

🍒 Maak die Vars Kersievulling

Plaas die kersies, suiker en suurlemoensap in ’n kastrol.
Verhit oor medium hitte vir 4–5 minute totdat die kersies hul sap begin vrystel.

Meng die mielieblom en water apart tot glad.

Roer dit by die warm kersies in — dit sal amper onmiddellik verdik.
Prut vir nog 1–2 minute totdat dit blink en stroperig is.
Verwyder van die hitte.
Roer Kirsch/likeur by (opsioneel).
Laat heeltemal afkoel.
Nou het jy ’n vars kersiestroop.

Pak die Trifle Laag-vir-Laag
Gebruik ’n groot glas-triflebak of diep glasbak.

Laagvolgorde:

Koekblokkies (eerste laag)
Sjokoladevla en mousse
Geklopte room
Vars kersiekompote

Herhaal die lae tot die bak vol is.

Bolaag:
geklopte room
Vars hele kersies
’n bietjie kakaopoeier (opsioneel)

Next
Next

Smash Burgers