Smash Burgers
Smash Burgers
Ek is deesdae verslaaf aan hierdie Smash Burgers! Twee crispy patties, spek, kaas, uie en daai Big Mac sous wat enige dieet in die wiele ry.
Bestanddele (maak 2 groot of 4 kleiner burgers):
Vir die burger:
500 g maalvleis (met ’n lekker vetpersentasie, minstens 20%)
Sout en varsgemaalde swartpeper
Bietjie Jimmy sous of jou gunsteling BBQ sous
4 snye spek
4 snye smeltkaas (soos Melrose Melts)
1 groot ui, in dun ringe gesny
2 burgerrolletjies of sagte broodjies
Vir die Big Mac-sous:
3 eetlepels mayonnaise
1 eetlepel tamatiesous
1 teelepel Steers of Wimpy mosterd (hulle proe die naaste aan McDonald’s se sous)
1 eetlepel fyngekapte gherkins
Metode:
Maak die patties:
Meng sout en peper deur jou maalvleis en rol in klein balletjies — ongeveer 100 g elk.Smash
Verhit jou Weber Slate of enige gietysterplaat tot baie warm. Plaas ’n vleisballetjie op die plaat, bedek met bakpapier en druk plat met ’n spatel of burgerpers. Jy wil hê die kante moet effens bros raak.Marinade en draai:
Smeer ’n bietjie Jimmy sous oor die patty terwyl dit braai. Wanneer dit omtrent 90% gaar is, draai dit om en plaas ’n sny kaas bo-op om te smelt.Soteer en rooster:
Op die koeler kant van jou plaat, braai die uie en spek tot goudbruin en bros. Rooster intussen jou broodjies liggies.Meng jou sous:
Meng al die bestanddele vir die Big Mac-sous saam in ’n klein bakkie. Proe en pas aan volgens smaak — jy kan nog ’n bietjie gherkins of mosterd bysit as jy hou van ekstra pit.Bou jou burger:
Smeer Big Mac-sous op jou broodjie, sit spek en uie onder, laai twee patties met gesmelte kaas bo-op mekaar, en sluit af met nog ’n bietjie sous.