3. Thalassophile
Thalassophile - wat beteken “ lover of the sea” is my derde huis op die lys. Geleë op die Golden Mile strand in St Helena baai. Dié huis is splinternuut en is mooier as wat enige fotos kan beskryf.
Dubbel volume, groot vensters en spasie vir 8 mense is die huis beslis gebou vir vriende, groot families en lekker kuier.
Die hoof slaapkamer is moontlik my gunstelling van al die huise. Jy lê in die bed op die eerste vloer en kyk hoe die branders breek. Saans lê jy en kyk vir die sterre met n groot ope lug venster.. Met n King size bed, groot badkamer en amazing stort. Dit is altyd vir my baie belangrik dat n huis n lekker stort het. n poeperige stort kan baie vinnig jou oggend of aand omkrap.
Die buite area is groot met n swembad omring deur n hout vloer. Die braai area is binne, maar het glas panele wat alles oopskuif om die binne braai soos n buite braai te laat voel. Die huis het ook n groot kombuis met n uitleg wat aan een loop met die eetkamer en braai kamer. Weereens is dit iets waarvan ek altyd hou sodat die wat in die kombuis is en die wat braai nogsteeds deel kan voel van die kuier.
Die strand is n paar meter vanaf jou agterstoep en Golden Mile strand is presies dit. Met goue sonsondergange, palm bome in die verte en die gedruis van golwe wat breek bevind jy jouself verlore in kalmte en rus.
Dis soms moeilik om te verduidelik wat n huis meer spesiaal maak as ander. Dis die “vibe” die kalmte en rustige gevoel wat oor jou kom as jy in n huis bly wat n huis spesiaal maak vir my. Thalassophile is weereens een van daardie huise wat al die boksies tiek.
Website: https://thalassophilehouse.co.za/