4. Wamakersvlei
Wamakersvlei is n gaste plaas net so kat spoegie buite Dwarskersbos. Die plaas het 5 huise wat elkeen sy eie karakter het. My gunstelling is Mosseltrap. Mosseltrap is die naaste wat jy aan n oorspronklike ou weskus strandhuis kan kry. Jy loop letterlik by die agterdeur uit en jy is op die strand.
Wamakersvlei is vir my baie spesiaal aangesien ek baie van my Lekker Weskus videos hier skiet asook waar ek gereeld privaat etes hou vir mense.
As jy n egte weskus naweek wil beleef is Wamakersvlei n besoek werd. Dit is een van die oudste plaas huise in die area en meeste van die ou weskus families sal vertel hoe hulle ouma groot geword het op die plaas. Baie van die meubels is gemaak van ou waens wat oorgebly het op die plaas. Walvisbene, ou visserbote en 100 jare ou plaas toerusting le ooral op die plaas.
Van die huise kyk uit oor n reuse soutpan wat in die winter maande vol water en flaminke is. Terywyl jy op die stoep sit kom sê volstruise en beeste graag hello.
Die huise is almal diere vriendelik en vêr genoeg van mekaar dat jy nogsteeds voel jy is iewers vêr in die verlore weskus.
Die lekker ding van Wamakersvlei is dat jy is nog naby genoeg aan Velddrif vir die nodige winkels en die bergrivier vir dag uitstappies. Aan die ander kant lê Elandsbaai wat slegs 20min se ry van die plaas is.
Mens kan werklik sien dat Marlene en Ters baie liefde en aandag gegee het aan elke detail in die huise. Mens kan die liefde, kalmte en geskiedenis van Wamakers werklik beleef sodra jy daar stop.
Die huise het almal wifi, maar wees asb bewus dit die water is bietjie brak.
Website: https://www.wamakersvlei.co.za/