2. Villa Kersbos
Dwarskersbos is bekend vir ongelooflike mooi standhuise, maar min staan uit soos Villa Kersbos. ‘n Strandhuis reg op die lang eindeloos weskus strand. ‘n Huis waar ek van dag een af al in wou bly, al was dit om die draai van my eie huis. Ronelle Bester het nie net ’n strandhuis gebou nie, sy het ’n dagdroom met mure geskep.
My eerste besoek aan Villa Kersbos was toe ek ‘n snoek moes gaan braai vir SABC 2 se The Insider program. Met jou eerste paar tree deur die hout hekkie word jy gegroet deur n groot verhitte swembad, rottang stoele wieg lui in die seebries en n pragtige olyfboom gooi sy skadu oor die kolkol warmbad. Griekeland op die weskus!
Die pizza oond vang volgende my oog en ek sien myself al hier lê langs die swembad met n glas wyn en n stukkie pizza. Ek was nog nie eers binne die huis nie en eks klaar verlief.
Die binnekant is net so mooi. ’n Oopplan-uitleg wat asemhaal, ’n binneshuise kaggel wat jou onmiddellik laat dink aan winternaweke vol rooiwyn, en ’n kombuis wat só tuis voel dat jy sonder skaamte die kaste sal oopmaak om te kyk waar die suiker staan. Daar is net iets aan ‘n kombuis met n ou hout plaas tafel , die tipe tafel wat stories kan vertel, ‘n bak en brou tafel.
Die hoof leef area se deure skuif almal oop en dit voel asof die huis en die natuur een word. Daar is nie n sitplek of hoekie vanwaar jy nie die see kan sien nie.
Na nog so paar besoeke aan Villa Kersbos vir foto sessies en n privaat ete het ons uiteindelik ons beurt gehad om self ons kop te kom neerlê by Villa Kersbos.
‘n Heerlike warm paar dae waar ons kan swem, kook en rus. Dis wel moeilik vir my om werklik te rus in so mooi huis, want elke uur wat verby gaan val die sonstrale anders en ek wil dit net vasvang op my kamera.
Villa Kersbos spog met 5 slaapkamers waarvan 4 pragtige see uitsigte het. Die hoof slaapkamer kan ook heeltemal oopgemaak word en dit voel amper of die golwe jou voete kan kom kielie hier langs die bed.
Die braai area is beslis een van die hoogte punte by Villa Kersbos, hier kan jy maklik 10 mense onthaal, met n prag uisig van die rye wit Dwarskersbos huise en die golwe wat breek in die agtergrond. Met die vuur wat brand en die son wat laag lê, verander die lug in n salmpienk kleur, die goue strale hang oor die mure en jy moet jouself knyp, want kan ‘n wegbbreek werklik so perfek wees.
Bo is daar ‘n “pajama” sitmaker met n groot skerm tv, maar jy gaan hom selde aan sit. Hierdie is die tipe huis waar buite lewe gebeur: by die swembad, by die braai, voor die kaggel, op die sand, onder die sterre.
As jy al ooit wou kom vakansie hou in Dwarskersbos, maak Villa Kersbos nr 1 op jou lys. Spaar, steel of leen geld by die skoonouers , maar kom bly hier. Dis nie net ’n huis nie; dis ’n ervaring wat nes skrop in jou hart.
Bespreek jou weskus wegbreek by Villa Kersbos: https://www.perfecthideaways.co.za/hideaway-dwarskersbos/villa-kersbos/