5. Uithoek

Uithoek is nou vir die wat nie omgee om dit bietjie te “rough” nie. 15min buite Elandsbaai op die Piketberg pad vind jy Uithoek, op die oewers van die Verlorenvlei.

Hierdie is eg oue weskus langhuise. Geen selfoon sein, geen wifi en daar is net elektrisiteit in die kombuis.

Hier stort jy buite onder bome en die badkamers is ook selfs buite. (darem nie onder die bome nie)

Hier moet jy jouself verloor in die natuur, tyd buite spandeer met n boek of in die warmbad. Die eerste keer wat ons hier gebly het was n skok vir my systeem om nie elke 5min na my foon te kyk nie. Later besef jy eintlik hoe lekker dit is om jou foon weg te pak en net in die oomblik te lewe. Ons het vroeg oggend stappies gevat na die rivier, middae in die swembad deurgebring en in die aand in die pik donkerte om die vuur gesit en sterre tel.

As jy lus is vir n uitstappie is Elandsbaai 15min weg van die plaas. In Elandsbaai is die ou Elandsbaai hotel. Dié hotel is n ikoon in die area en het maar nog min verander in die laaste 50 jaar. Hier sit jy buite op die grasperk en bestel vir jou n Hake & Chips met hulle lemoen botter sous. Dit is ons gunstelling by die hotel. Hulle sandveld chips is ook n gunstelling saam met n bottel yskoue Kookfontein Sauvignon blanc.

Op Uithoek ontdek jy weer n liefde vir die natuur en kry n gevoel hoe weskussers gelewe het n 100 jaar terug.

Website: Uithoek Plaas

Previous
Previous

4. Wamakersvlei

Next
Next

6. The Barn