6. The Barn
Yzerfontein
The Barn is n meesterstuk van argitektuur en “attention to detail”.
Die huis sit op die heuwels van Yzerfontein met n prag uitsig oor die see. Met 2 slaap kamers en n groot leef area is die huis perfek vir n wegbreek nie te vêr uit Kaapstad.
Groot glas deure met natuurlike lig wat instroom, antieke meubels en n pizza oond maak The Barn een van ons gunstelling huise in die weskus.
Die huis is nie stap afstand van die strand nie, maar omdat hy hoog geleé is het jy ongelooflike uitsig oor die see.
Met n groot kaggel in die huis, oop plan uitleg en gemaklike leef area het ons The Barn baie geniet. Oggende het ons af gery na Rosemead Bakkery vir ontbyt en vars brood, middae het ons gaan roomys eet op die strand of gegaan vir n wyn proe by Blakes Family Wines.
By die ingang van Yzerfontein kan jy ook Weskus Padstal besoek. Daar kan jy gaan Lama’s voer, voéls kyk of n heerlike ete gaan hê.
As jy verder wil avontuur is die dorp Darling omtrent 30min se ry vanaf The Barn.
Verwag ongelooflike sonsondergange, prag uitsigte en n naweek in styl.
Website: https://www.perfecthideaways.co.za/hideaway-yzerfontein/the-barn/