7. Kalmoesfontein
Swartland
Kalmoesfontein is in die hartjie van die Swartland (tegnies nogsteeds weskus) en beslis een van my gunstelling plekke op aarde. Hoofsaaklik n wyn plaas, offer die plaas ook n verskeidenheid akkommodasie. Die plaas is nr 7 op my lys, maar moet eintlik in die top 3 wees - ek het hom nou maar onder toe geskuif omdat hy nie heeltemal in die weskus val nie.
Die plaas verstom jou om elke draai. Verloor jouself in die tuine, waar jy dalk gejaag gaan word deur n kalkoen, gaan besoek die perde of gaan maak n draai by die potte bakker wat ook op die plaas sy studio het. Daar is varke, hoenders, ganse (passop hulle jaag jou ook) pure plaas, is al wat ek kan sê.
As jy gelukkig is om Adi Badenhorst (die eienaar) raak te loop is jy in vir n hele paar stories en grappies. Dis n wynplaas sonder enige ego, met die mees “down to earth” mense wat jy ooit sal ontmoet. Hier word jy dadelik familie en maak nie saak watter tyd van die dag nie, is n groot kans dat iemand n glasie wyn in jou hand gaan stop.
Een van my gunstelling dele van die plaas is die dekor, n mengelmoes van oudhede, kunswerke en Suid Afrikaanse geskiedenis. Jy kry n verassing basies om elke draai.
Elke persoon op die plaas is n karakter, veral Selma die wynmaker. Jy sal haar tien teen een hoor voor jy haar sien, en sy sal baie vinnig diep in jou hart kruip.
Donderdae aande is Pizza aand en dis n fees. (Jy hoef nie daar te bly om deel te wees van Pizza aand nie) Wees reg vir lekker musiek, lekker wyn en amazing pizza. Die mense van die Swartland is anders gebou as jou ander wyn streke. Egte mense met n fantastiese sin vir humor. Geen ego, net lekker mense.
Die akkommodasie opsies is ongelooflik, vars plaas brood en eiers van die plaas wag vir jou met aankoms. Die kamers is groot en baie gemaklik. Ons het nie baie tyd spandeer in die akkommodasie nie, die plaas verken en heeltyd vasgehak by die wyn kelder, met n “het jy al die geproe”
Kalmoesfontein is een van daai plekke waar sodra jy eers daar was, jy nie kan wag om terug te keer nie. Die plaas is geleé op die hange van n berg en kyk uit oor die Swartland.
Wees gewaarsku, jy sal sukkel om weer n ander wyn plaas te geniet as jy eers n naweek op Kalmoesfontein was.
Ek het n video gedoen oor Kalmoesfontein - kyk dit hier: VIDEO
Website: https://kalmoesfontein.com/