8. Kleintafelberg

Dwarskersbos

Kleintafelberg lê so 20min buite Dwarskersbos en is hoofsaaklik n kamp terrein. Baie van julle sal dit herken as die agtergrond in baie van my Lekker Weskus videos.

Ons is mal daaroor om op n warm dag deur te ry Kleintafelberg toe om te gaan swem en braai. Hulle lapa en swembad area is privaat en deur die week is ons die enigste mense daar. Daar is n klein dagfooi van R70pp, maar betaal dit met graagte.

Hier kan jy gaan 4x4 tot bo op die berg met n prag uitsig oor die valley. Op die 4x4 roete as jy weet waar om te kyk kan jy tot Khoi/San tekeninge kry.

Die 4x4 roete is nogal duk sand so wees maar gewaarsku jy kan baie maklik vassit. Milkshake en Stevens Draai is veral n ruk en pluk deel.

Daar is ook n stap roete wat om die berg gaan en wat eindig by n groot grot. Die roete is woes op plekke en ek sal dit nie aanraai as jy baie onfiks, oud is of dalk kinders wil saamvat nie.

Die plaas het rondawels en 4 “glamping” tente. Ons kies gewoontlik die tente. Die tente het n klein kombuis met yskas, wasbak en lopende water. Die tente het ook badkamers met n stort, toilet en wasbak so jy hoef nie gebruik te maak van die amblusie blokke nie. Die tente het n lekker groot King size bed en baie nice beddegoed. Daar is ook krag punte oral binne in die tent.

Selfoon sein is bitter sleg, en as jy Vodacom is soos ek is daar geen. Hulle het wifi by die lapa indien jy n epos wil stuur of jou Instagram check.

Die lapa het ook n kroeg waar jy n doppie kan vat of n pakkie chips wil knaag.

As hierdie nou n Tiktok video was sou hulle sé n “hidden gem” en dis werklik wat Kleintafelberg is.

Kleintafelberg voel werklik soos die bosveld. Wanneer jy daar is sal jy amper nie dink jy is in die weskus nie.

Website: https://www.kleintafelberg.co.za/

Previous
Previous

7. Kalmoesfontein

Next
Next

9. Abalone Hotel