Bosveld Ontbyt

Soms benodig jy n “On the Go” ontbyt, vroeg oggend in die bos, kampterrein of selfs by die huis. So vandag maak ons n heerlike volle ontbyt wat wat jy met die hand kan eet en jou gaan laat uitsien tot volgende oggend se ontbyt.

Le Creuset se nuwe “Griddle Pan” in hulle Alpine Collection is die perfkte braai pan vir hierdie ontbyt.

Bestanddele:

  • 4 groot eiers

  • 3 dikgesnyde spekrepies

  • 5 sampioene

  • Baba-tamaties

  • Boerewors

  • 100ml vars room

  • Gedroogte Oreganum

  • 2 eetlepels Chutney

  • 2 wit wraps

  • Sosatie stokkies

Metode:

  1. Sny jou spek, wors en sampioene in klein stukke.

  2. Ryg die gesnyde bestanddele op die sosatie stokkies.

  3. Braai die sosaties nou binne in jou braaipan.

  4. Haal die sosaties af, binne jou braaipan is vet van die spek en wors.

  5. Klits jou eiers, voeg die room en oreganum by die eiermengsel.

  6. Kook die eiers in jou braaipan in die vet van die wors en spek.

  7. Verhit die wraps oor die rooster.

  8. Smeer die chutney eers oor die wrap.

  9. Pak jou roereiers bo op die chutney.

  10. Plaas nou die sosatie bestanddele bo op die roereiers.

  11. Maak jou wrap toe en geniet.

Die pan is vervaardig van geëmailleerde gietyster en spesifiek ontwerp vir kook oor 'n oop vlam, is die rooster-mandjie heeltemal omhul met 'n robuuste mat swart emalje wat gereed is vir gebruik en geen inbranding benodig nie.

Kry jou een hier: Alpine Outdoor Collection Rectangular Griddle

Next
Next

Lam Nek Waterblommetjiebredie