Lam Nek Waterblommetjiebredie
Waterblommetjiebredie is ’n geliefde tradisie in die Boland, ’n geurige, vullende gereg wat diep gewortel is in die streek se kultuur. Die Boland, met dorpe soos Paarl, Stellenbosch, Wellington en Worcester, is tradisioneel die hartland van dié ikoniese bredie. Die hoofbestanddeel, waterblommetjies (Aponogeton distachyos), beteken letterlik “waterblomme” en is inheems aan die Wes-Kaap.
Gedurende die winter- en lentemaande dryf hierdie liggegeurde, vlesige wit blommetjies op die damme van ons valleie, veral in reënvoedingsdamme en vlak waterliggame van streke met hoë winterreënval. Buiten die Boland is waterblommetjies ook volop in dele van die Swartland, Overberg en die Breërivier-gebied.
Hoewel hulle wel in sommige dele van die Weskus voorkom, veral suid van Citrusdal en naby Clanwilliam, is waterblommetjies nie so sentraal tot die kulinêre tradisie daar soos in die Boland nie. Tog geniet ons waterblommetjies hier in die koue weskus.
Met Le Creuset se nuwe Alpine Outdoor Collection was dit die perfekte geleentheid om n waterblommetjie te maak.
Bestanddele: (6 tot 8 mense)
2 kg waterblommetjies
1.2 kg lamskouer,
Baba uie of 2 uie – fyn gekap
3 knoffelhuisies gerasper.
3 suurlemoene – uitgedruk
500 ml lam of beesaftreksel
500 ml Rooi of Witwyn
10 baba-aartappels - heel of gehalveer
4 groot wortels – in mediumgroot blokke gesny
40 ml olyfolie
4 takkies tiemie
30 ml sout
See sout en vars gemaalde swartpeper
Metode:
Bedek die waterblommetjies met koue water in 'n groot bak. Voeg sout by en laat week tot dit nodig is.
Verhit die olyfolie in ’n groot swaarboomkastrol. Braai die vleis op hoë hitte tot mooi bruin.
Haal die lam uit die pot.
Voeg die uie en wortels by die pot en bruin eers die uie.
Verlaag die hitte en voeg die wyn, lamsaftreksel, aartappels en lam nek vleis terug in die pot.
Gooi genoeg water by todat jou bestanddele mestal bedek is.
Voeg nou die tiemie by en rasper jou knoffel in.
Bedek die pot en prut stadig tot die vleis sag is vir ongeveer 45min tot 60min.
Voeg die waterblommetjies en suurlemoen sap by.
Kook verder oor lae hitte vir sowat 30 minute – maar pas op dat die waterblommetjies nie pap kook nie.
Geur met seesout en vars gemaalde swartpeper na smaak.
Bedien warm saam met rys of lensies.
Wenke:
Deur die waterblommetjies in gesoute water te week, raak jy van enige sand ontslae.
Gebruik altyd wyn van goeie gehalte.
Voeg vars tiemie of oreganum by vir ’n ekstra geurlaag.
Suurlemoensap help dat die waterblommetjies hul kleur behou.
Stadige gaarmaak oor lae hitte bring die beste geur na vore en keer dat die bestanddele pap kook.
Vir jou volgende waterblommetjiebredie gaan loer gerus na die pragtige potjie van Le Creuset.