Beenmurg & Knoffel Botter

Dis byna Bok Saterdag, en as jy soos ek is, beteken dit net een ding: ’n vleisie op die vuur, koue bier in die hand, en die gees van die Springbokke in die lug. Daar’s min dinge wat soveel samesyn bring soos rugby en ‘n goeie braai, dis amper soos ‘n nasionale geloof. Hierdie naweek speel die Bokke weer, en jy weet mos as ons saamkom vir die wedstryd, moet daar iets spesiaal op die kole wees. Maar moenie stres oor ure se voorbereiding nie. Ek het vir jou die perfekte resep wat vinnig is, ongelooflik smaaklik, en gaan maak dat jou vriende dink jy’s ’n braaimeester van formaat. Vandag braai ons steak, maar met ‘n bietjie flair: botter met geroosterde beenmurg, knoffel en vars tiemie, alles voorberei op die Weber Spirit gasbraaier vir daai perfekte hittebeheer.

🛒 Bestanddele:

  • 2 x beenmurg bene

  • 125g gesoute botter, versag

  • 1 heel knoffelbol

  • 5 takkies vars tiemie

  • Sout en swart peper

  • 1 handvol vars grasuie

🔥 Metode:

  1. Voorverhit jou Weber Spirit of oond tot 180°C.

  2. Plaas jou beenmurg bene in ’n oondvaste bak. Voeg die heel knoffelbol by (los die dop aan) en plaas die takkies tiemie rondom die bene.

  3. Geur mildelik met sout en peper. Jy wil hê die murg moet lekker geur absorbeer terwyl dit rooster.

  4. Plaas die bak op jou Weber Spirit se rooster of in die oond, en braai vir 40 minute, totdat die beenmurg sag en goudbruin is en die knoffel sag en duwendrukbaar is.

  5. Verwyder die murg en knoffel uit die Weber. Laat effens afkoel.

  6. In ’n mengbak, voeg jou versagde botter by. Skep die murg uit die bene in die botter.

  7. Sny die bokant van die knoffelbol af en druk die sagte knoffelhuisies by die botter in. Voeg ook die fyngekapte grasuie by.

  8. Meng alles goed deur totdat jy ’n geurige, romerige botter het.

  9. Plaas ’n stuk kleefplastiek op jou werkoppervlak en skep die bottermengsel in die middel.

  10. Vou die plastiek oor die botter en rol dit in ’n silindervorm. Draai die punte soos ‘n toffie en maak seker die botter is styf toegerol.

  11. Plaas die botterrol in die yskas vir minstens 2 uur totdat dit weer hard is.

  12. Intussen kan jy jou steaks braai soos jy dit verkies – medium rare werk perfek saam met die rykerige botter.

  13. Sny in dik skywe en sit bo-op jou vars gebraaide steak net voor bediening.

🍽️ Wenke:

  • Werk uitstekend saam met ribeye, rump of selfs varknek.

  • Die botter kan tot 1 week in die yskas of 3 maande in die vrieskas hou.

  • Ideaal vir rugbybraais, naweek kuier of om jou gaste behoorlik te beïndruk.

Next
Next

Bosveld Ontbyt