Steak met Brandewyn en Groenpeperkorrelsous

Vandag kombineer ek twee van my gunsteling dinge, ’n groot, sappige steak en Wildebeest Brandewyn! Dis die perfekte resep vir daardie koue winteraande wanneer jy lus is vir n braai.

Kom ons wees eerlik ’n romerige sous met brandewyn en groenpeperkorrels oor ’n perfek gebraaide steak is omtrent n wen resep.

Bestanddele:

  • Wildebeest brandewyn

  • 2 eetlepels groenpeperkorrels in pekel

  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk

  • 1–2 sjalotte, fyngekap

  • ’n Paar takkies tiemie

  • 125 ml vars room

  • Botter vir braai

  • Jou gunsteling steak

  • Sout na smaak

Metode:

  1. Berei die steak voor:
    Laat jou steak op kamertemperatuur kom. Geur dit mildelik met sout om die vog uit te trek. Braai oor hoë hitte tot die interne temperatuur 55°C bereik vir ’n perfekte medium-rare steak.

  2. Maak die sous:
    Smelt botter in ’n pan oor medium hitte. Voeg die gekapte sjalotte by en soteer tot sag – moenie laat verbruin nie. Voeg nou die fyngedrukte knoffel en groenpeperkorrels by en roer deur.

  3. Voeg brandewyn by:
    Gooi ’so 50ml Wildebeest brandewyn in die pan en laat dit prut totdat die alkohol uitgekook is.

  4. Finale geur:
    Voeg die tiemietakkies en vars room by. Laat die sous stadig kook totdat dit effens verdik het. Roer af en toe.

  5. Bedien:
    Sny jou steak in repe en skep die romerige, gegeurde sous mildelik daaroor. Bedien met ’n glasie brandewyn en geniet die wintersgenot.

Next
Next

Engelvis met Sitrus & Soy