Turkse Hoender Sosaties

Bestanddele (vir 4 persone)

• 1 kg ontbeende hoenderdyfilette (in 3–4 cm blokkies gesny; dy bly sappiger as bors)
• 3 e sop dik, ongegeurde jogurt
• 3 e sop olyfolie
• 3 knoffelhuisies (fyngekap)
• Sap van 1 suurlemoen
• 1 t komyn
• 1 t gerookte paprika (of soet paprika)
• ½ t koljander
• ½ t rooi chili-vlokkies (pas aan volgens hitte-voorkeur)
• 1 t sout
• ½ t swartpeper

Metode

1. Maak die marinade
Meng die jogurt, olyfolie, knoffel, suurlemoensap en al die speserye in ’n bak.

2. Marineer die hoender
Voeg die hoenderblokkies by en meng tot alles mooi bedek is. Bedek die bak en verkoel vir minstens 4 uur (oornag is die lekkerste).

3. Ryg & Braai
Ryg die hoender aan sosatiestokkies. Braai oor medium-warm kole (of in ’n warm braaipan) tot liggies verkool aan die buitekant, ongeveer 10–12 minute, draai gereeld.

4. Bedien
Bedien op ’n platbrood met gekapte tamatie en komkommer. Bedrup met tahini en ’n bietjie chili-olie vir ekstra geur.

Next
Next

Geroosterde Beet-Slaai.