Yskas Brandewyn Melktert

Yskas Brandewyn Melktert

Vol Kersfees-gees.

BASIS

• 200 g Karamel Tennis-beskuitjies, fyn verkrummel
• 90 g gesmelte botter

Druk ferm in ’n tertpan. Sit 30–40 min in die yskas.

VULSEL

• 900 ml volroommelk
• 100 ml vars room
• 1 kaneelstokkie
• 30 g botter
• 3 groot eiers
• 170 g strooisuiker
• 25 g koekmeel
• 35 g mielieblom
• 10 ml vanielje-ekstrak
• 50 ml Wildebeest brandewyn

Verhit melk, room, kaneel en botter tot warm.
Klits eiers, suiker, meel en mielieblom glad.
Gooi warm melk stadig by, roer terug in die pot en kook tot dik en blink.
Haal van die hitte af, roer vanielje in en voeg brandewyn laaste by.
Gooi warm vulsel in die koue basis, strooi kaneel bo-oor en verkoel 6–12 uur

Next
Next

Turkse Hoender Sosaties